Hierdie is ‘n baie goeie vraag en ek is seker dat daar ander lesers van die Women24 Careers webblad wat hulself ook in dieselfde situasie bevind.
Dit is ‘n feit dat baie maatskappye en ander instansies gebruik maak van tydelike kontrakte om hul personeel aan te vul waar hulle nie in staat is om mense permamnent aan te stel nie. Dit word ook gedoen waar hulle dit nie wil doen omdat hulle (die maatskappye of ander instansies) nie die administrasie van belasting en ander finansiële aspekte wil hanteer nie. Dit was dan maklik om deur middel van tydelike kontrakte die mense aan te stel en dan elke jaar (of ‘n korter periode) die kontrakte te hernu.
Die Wet op Arbeidsvehoudinge, 1995 en meer spesifiek Art. 186 stel dit baie duidelik dat, in sekere omstandighede, mag ‘n werkgewer nie gebruik maak van die outomatiese terminasie beginsel nie – dit gebeur in gevalle waar die werknemer ‘n redelike verwagting het dat die kontrak hernu sou word.
Ek weet nou nie watter tipe werk jou man doen nie, maar ek kry die indruk uit jou vraag dat jou ‘n belangrike persoon is i.t.v. die werk wat hy doen en hy is moontlik ook iemand wie se kennis en ondervinding van baie waarde vir die maatskappy is. En dus, en ook omdat daar is skaarste is van sulke mense, sou jou man ‘n redelike verwagting gehad het dat sy kontrak wel hernu sal word. En, indien dit nie sou gebeur nie, sou jou man ‘n gelde eis teen die maatskappy hê.
Dit moet ook gesê word dat baie maatskappye dit nou oorweeg om mense permanent aan te stel sodat hulle nie sulke gedinge in die gesig hoef te staar nie.
Ek wil voorstel dat jou man met die personeeldepartement van die maatskappy gaan gesels en hulle uitvra oor sy situasie – sal hulle sy kontrak weer hernu? Vir ‘n langer periode? Sal hulle dit oorweeg om (weer) permanent aanstel?
Ek hoop dat hierdie antwoord vir jou (en ander lesers) behulpsaam was. Rig asb. weer ‘n vraag indien ek van enige hulp kan wees.