Bride24 Experts

Question

Posted by: Magriet Erasmus | 2011-09-19

Q.

trou- of aandrokke

Hoe ver uitmekaar word klein oortrekknopies met lussies agter die rugopening vasgewerk?

Expert's Reply

A.

Pam Black Pam Black
- 2011-09-23

Die algemene reël in naaldwerkkringe is om knope ten minste knoopgrootte uitmekaar vas te werk. Dít in ag genome, is daar niks wat jou daarvan weerhou om die knope teenaan mekaar op ‘n trourok vas te werk nie. As die knopies so vasgewerk word, kan dit egter langer neem om die rok aan te trek en moet daar genoeg tyd voor die seremonie ingeruim word om dit te kan doen. ‘n Goeie wenk om in gedagte te hou by die vasmaak van knope is dat dit makliker en vinniger vasknoop as ‘n mens van onder af begin! Dit bly altyd my aanbeveling dat bruide iets kies waarin hul gemaklik en ontspanne gaan voel. Hierdie beginsel geld ook vir die hare, skoene, kleur van uitrusting en handruiker. Onthou, daar gaan baie foto’s geneem word en as jy nie gemaklik gaan voel nie, sal dit wys! Groete PAM


The information provided does not constitute a professional diagnosis of your problem. You should consult a health care practitioner, lawyer or other appropriate professional for formal advice. Women24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Sorry, your comment could not be posted. Please try again later!.

Reply to

There are new stories on the homepage. Click here to see them.