Bride24 Experts

Question

Posted by: SONJA GREYVENSTEYN | 2009-06-05

Q.

bewoording vir trou uitnodigings

Kan u groot asb vir my voorbeelde van bewoording e-pos vir 'n afrikaanse huweliks uitnodiging, baie dringend asb, ek het al orals gesoek en het al moed opgegee. U hulp sal opreg waardeur word.

Expert's Reply

A.

Aleit Aleit
- 2009-08-29

Hi daar

Hoop dit gaan goed. Dankie vir die epos.

Ek is op die oomblik in Londen. As u nie omgee nie, vra ek dat u asb vir Andele by ons kantoor kontak. Sy sal U met graagte help.

Ek mag ongelukkig nie addresse op die webtuiste gee nie. Maar gaan gerus in op ons webtuiste en gebruik die info adres.

U moet besluit of u meer formeel of informeel wil gaan. Dit sal gesien word in die voorbeelde wat ons verskaf.

Meer formeel gebruik U die naam van die ouers van die Bruid en Bruidegom. Wat dit meer tricky maak is wanneer een van die ouers oorlede is. Dan dui 'n mens dit anders aan.

Ek is op die oomblik meer vir 'n informele aanslag waar die Bruid en Bruidegom se persoonlikhede uitkom.

Bv.


Michelle en Dawie nooi u hartlik uit om te deel in hul spesiale dag

Kom vier saam fees op ...

15:30 vir 15:45

Waar: ....

Drag vir dames...(wynland formeel - dress maar op vir die een bv.)en die here ... (kan klee in 'n donker pak bv.)

RSVP teen ...

Tel

Epos

Laat weet indien u enige spesiale dieetvoorkeure het.

Lekker week en sterkte met die beplanning.
Groete
Aleit


The information provided does not constitute a professional diagnosis of your problem. You should consult a health care practitioner, lawyer or other appropriate professional for formal advice. Women24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Sorry, your comment could not be posted. Please try again later!.

Reply to

There are new stories on the homepage. Click here to see them.