Bride24 Experts

Question

Posted by: Debbie Korff | 2010-05-13

Q.

Afrikaanse Bewoording vir uitnodigings na troue

Goeie dag, Kan julle asb help,ek trou April 2011 en is besig met die beplanning.Die ding wat my die meeste pla is die uitnodigings,ek sukkel om afrikaanse bewoording te kry.Ons beplan om geen kinders by die troue te he nie,hoe stel 'n mens dit in die uitnodiging sonder om iemand om te krap?Ek benodig ook raad vir die res van die uitnodiging se bewoording... Baie Dankie!! Groete Debbie.

Expert's Reply

A.

Aleit Aleit
- 2010-06-19

Hello, ons kry baie versoeke vir Afrikaanse bewoording vir troukaartjies! Dit is baie moeilik vir my om die bewoording te doen van 'n paartjie wat ek nie ken nie. Hieronder is 'n hele paar voorstelle (Elsje Designs in Durbanville het dit verskaf). Jy kan gerus dit verander net soos dit julle pas! Die frase: "Jammer, geen kinders" behoort voldoende te wees op die uitnodiging. Jy kan dan ook vra dat die die ouers en strooimeisies seker maak die gaste verstaan dat hul vroegtydig versorging vir hul kinders moet organiseer - as die gaste vroegtydig bewus is van die feit dat kinders nie genooi is nie, dan kan hulle maatreels tref. Afrikaanse Bewoording Ons nooi julle om in die vreugde van ons liefde vir mekaar te deel, wanneer ons trou, op Saterdag … +++ Na baie meditering en baie sagte oorreding het bruidegom gevra en bruid gese..JA U word hartlik uitgenooi om in ons vreugde te kom deel.... bruid dogter van .... met bruidegom seun van.... +++ Omdat julle vriendskap en liefde so deel is van ons lewens, nooi ons julle graag na die huweliksbevestiging van ons dogter, Bruid en Bruidegom Seun van … Datum, tyd, plek Laat weet ons asseblief so gou moontlik +++ Uiteindelik….. ‘n uitnodiging na die viering van ons huweliksdag kom deel in ons vreugde op dag, datum ens +++ Ons het (datum) gekies as die begin van ons lewenspad saam. Kom deel in ons en ons ouers (bruidspaar) se vreugde waneer hierdie spesiale oomblik verewig word in die......... om... vriendelike groete Aneke en Marius +++ Ons nooi julle hartlik uit na die viering van ons huweliksdag op dag, datum ens +++ Op hierdie dag sal ons verbind word aan mekaar ons wat saam met mekaar kan lag, lewe,droom en bowenal mekaar lief het +++ Ons het dag, datum, gekies as die begin van ons lewenspad saam. Kom deel in ons vreugde wanneer hierdie spesiale oomblik verewig word in die plek, tyd, datum +++ Ouers se name nooi u uit na die huweliksbevestiging van hul dogter Bruid met Bruidegom seun van … +++ Kom deel in die vreugde van die huweliksbevestiging van bruid dogter van …, met bruidegom seun van Datum, tyd plek Antwoord asseblief voor … +++ Ons nooi julle na ons troue op Dag, datum, tyd in die … en daarna vir die onthaal by... Bruid en Bruidegom Antwoord asseblief dadelik: +++ Hiermee ‘n vriendelike uitnodiging na die huwelik van Bruid en Bruidegom op datum, tyd, plek +++ U word vriendelik uitgenooi na die huweliksbevestiging van Bruid, dogter van … Bruidegom, seun van … op dag, datum, tyd Huwelikseremonie en onthaal te … Bevestig asseblief telefonies voor datum: +++ Julle vriendskap en liefde is so deel van ons lewens dus nooi ons, Bruid & Bruidegom saam met ons ouers, julle om te deel in die begin van ons lewe saam. +++ Liewe familie en vriende U word hartlik uitgenooi om te deel in ons huweliksbevestiging Bruid & Bruidegom Die Seremonie en Onthaal vind plaas op dag, datum, tyd, ens Bevestig asb telefonies voor … +++ Dit is die oomblik om ons bindende liefde te vier. Saam met ons ouers nooi ons… +++ In vreugdevolle afwagting van ons huwelik op… Nooi ons … met ons die viering van ons liefde te deel. +++ … nooi julle om ‘n dag van geluk te deel wanneer ons ons huweliksbeloftes maak en God vra vir sy seën as ons ‘n nuwe lewe saam begin. +++ Kom juig, sing en dans Lag vol liefde As ons ons lewens saamsnoer. +++ Ons nooi jou om te deel In die viering van ons besondere liefde Tussen… +++ Dit is met vreugde dat ons … julle nooi om in die viering van ons liefde te deel. +++ Met harte vol vreugde, vra ons julle om teenwoordig te wees By die seremonie wat … en … saambind. +++ Vir alles is daar ‘n seisoen, ‘n tyd en ‘n doel, Omdat julle (ons) lewens gedeel het, Met jul vriendskap en liefde Nooi ons julle graag om te deel In ‘n vreugdevolle feesviering. +++ Liefde vul ‘n leeftyd En ‘n leeftyd begin hierdie uur Wanneer die twee van ons … ‘n nuwe lewe saam begin. Ons nooi julle om te deel in hierdie dag van geluk. +++ Kom vier saam met ons fees wanneer Bruid en Bruidegom in die huwelik geseën word op … +++ Vier asseblief saam met ons Die varsheid van nuwe lewe en liefde +++ Elke uur, elke dag, elke jaar Groei ons as twee, maar tog as een Ons groei apart, maar wel ook saam In die vorming van ‘n ewige liefde Nooi julle met vreugde na die huweliksviering van … +++ Kom saam vir ‘n dag weg van die gewoel en deel in ons geluk As ons ons huwelik vier met familie en vriende … nooi jou om hierin te deel as hul families saamgesnoor word deur die huwelik van hul kinders +++ Jul teenwoordigheid sal die sirkel van familie, vriende en geloof (of hoop) voltooi +++ vandag trou ek met my beste maat, die een saam met wie ek lag, saam met wie ek droom, vir wie ek lewe... Bevestig asseblief voor … of u hierdie spesiale dag met ons kan deel. +++ ’n Viering van die liefde ...omring van almal wat ons die liefste het in die wêreld. +++ ‘n uitnodiging na ‘n troue langs die see ek sal jou ‘n laan langs die see plavei waar die meeue jou verstand oor die einders lei en ons asems saam in die skemer versny as jy kan, as jy sal, as jy saam wil met my. +++ Ek het jou liewer as wind of die water, Liewer as suiwer sonlig en see; Ek het jou lief Met die wonderkrag wat die hart van ‘n mens aan mens kan gee. WEG Louw +++ Vandag trou ek met my beste maat, Die een saam met wie ek lag, saam met wie ek droom, Vir wie ek lewe.


The information provided does not constitute a professional diagnosis of your problem. You should consult a health care practitioner, lawyer or other appropriate professional for formal advice. Women24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Sorry, your comment could not be posted. Please try again later!.

Reply to

There are new stories on the homepage. Click here to see them.