Pam Black
Whether you're a blushing bride trying to find the perfect dress, or the mother of the groom trying to put together a sophisticated look... Pam Black will give you all the wedding fashion advice you need. Read more
Recent Questions
QUESTION
Hi
Ek gaan vir die 2 de keer trou. Dit gaan baie informeel wees. Maar wil graag n langbroek dra, ek is nie n rok mens nie. Sal dit dalk verkeerd lyk?
Groete
Rita
ANSWER
Die beste raad wat ek al ooit gehoor het is dat jou trou-uitrusting ‘n glansweergawe van jou alledaagse styl moet wees! Na my mening bly die geheim tot ‘n stralende bruid om iets te kies waarin sy gemaklik en ontspanne sal voel.
Daar is geen reëls of voorskrifte by tweede huwelike betrokke wat jou keuse van ‘n trou-uitrusting hoef te beinvloed nie. Tweede huwelike is dikwels meer informele, familie-georiënteerde plegtighede wat jou in so ‘n geval die geleentheid gee om ‘n styl te kies waarin en waarmee jy gemaklik voel. Hierdie beginsel geld ook vir die hare, skoene, kleur van uitrusting en handruiker. Onthou, daar gaan baie foto’s geneem word en as jy nie gemaklik gaan voel nie, sal dit wys!
Dra dus gerus ‘n langbroek-uitrusting, maar aangesien dit so ‘n spesiale geleentheid is en alhoewel jul ‘n informele geleentheid beplan, wil ek jou aanmoedig om moeite te doen om iets besonders te kies.
Groete
Pam