Pam Black
Whether you're a blushing bride trying to find the perfect dress, or the mother of the groom trying to put together a sophisticated look... Pam Black will give you all the wedding fashion advice you need. Read more
Recent Questions
QUESTION
Ek wil weet, ek is 49 jaar, gaan vir die 3de keer trou, watse tipe rok en kleur. Dit is n klein troue, basies omtrent 25 mense. Ek wil soos n koper kleur dra.
ANSWER
Encore troues is dikwels kleiner, informele familie-geleenthede wat jou in so ‘n geval die geleentheid gee om ‘n rokstyl te kies waarin jy gemaklik voel. Hierdie beginsel geld ook vir die hare, skoene, handruiker, kleur en lengte van jou uitrusting. Daar is geen reëls of voorskrifte by tweede/derde huwelike betrokke wat jou keuse van ‘n trou-uitrusting hoef te beinvloed nie. Die finale keuse van jou trourok sal van die styl van jou troue (formeel, informeel, oggend, middag, aand, ens.) afhang. Niks weerhou jou daarvan om ‘n koperkleurige rok te dra nie, maar na my mening kan ‘n sluier of sleep daarby dalk oordoen lyk. Miskien sal ‘n blom in die hare die prentjie mooi afrond. Jou handruiker moet ook liefs nie te groot wees nie. Groete, Pam