Hi daar
Hoop dit gaan goed. Dankie vir die epos.
Ek is op die oomblik in Londen. As u nie omgee nie, vra ek dat u asb vir Andele by ons kantoor kontak. Sy sal U met graagte help.
Ek mag ongelukkig nie addresse op die webtuiste gee nie. Maar gaan gerus in op ons webtuiste en gebruik die info adres.
U moet besluit of u meer formeel of informeel wil gaan. Dit sal gesien word in die voorbeelde wat ons verskaf.
Meer formeel gebruik U die naam van die ouers van die Bruid en Bruidegom. Wat dit meer tricky maak is wanneer een van die ouers oorlede is. Dan dui 'n mens dit anders aan.
Ek is op die oomblik meer vir 'n informele aanslag waar die Bruid en Bruidegom se persoonlikhede uitkom.
Bv.
Michelle en Dawie nooi u hartlik uit om te deel in hul spesiale dag
Kom vier saam fees op ...
15:30 vir 15:45
Waar: ....
Drag vir dames...(wynland formeel - dress maar op vir die een bv.)en die here ... (kan klee in 'n donker pak bv.)
RSVP teen ...
Tel
Epos
Laat weet indien u enige spesiale dieetvoorkeure het.
Lekker week en sterkte met die beplanning.
Groete
Aleit