Hello
Daar is niks meer verkeerd om in 'n trourok te trou wat pas by jou styl en persoonlikheid nie. Hou in gedagte dat dit beter is om 'n klassieke, stylvolle ontwerp te kies, want as jy na jou troufoto's kyk oor 20 jaar, wil jy nogsteeds dink dit was die mooiste rok wat jy kon kies! Ek stel voor dat jy vir 'n konsultasie gaan by 'n trourokontwerper met 'n goeie reputasie vir raad en leiding sodat jy die regte keuse maak. Baie sterkte en geniet elke oomblik!
Hier is 'n paar opsies vir troukaartjie uitnodigings:
Afrikaanse Bewoording
Ons nooi julle om in die vreugde
van ons liefde vir mekaar te deel,
wanneer ons trou, op Saterdag …
+++
Na baie meditering en baie sagte oorreding
het bruidegom gevra en bruid gese..JA
U word hartlik uitgenooi
om in ons vreugde te kom deel....
bruid
dogter van ....
met
bruidegom
seun van....
+++
Omdat julle vriendskap en liefde so deel is van ons lewens,
nooi ons julle graag na die huweliksbevestiging van ons dogter,
Bruid en Bruidegom
Seun van …
Datum, tyd, plek
Laat weet ons asseblief so gou moontlik
+++
Uiteindelik….. ‘n uitnodiging na die viering van ons huweliksdag
kom deel in ons vreugde op dag, datum ens
+++
Ons het (datum)
gekies as die begin van ons lewenspad saam.
Kom deel in ons en ons ouers
(bruidspaar)
se vreugde waneer hierdie
spesiale oomblik verewig word
in die.........
om... vriendelike groete
Aneke en Marius
+++
Ons nooi julle hartlik uit na die viering van ons huweliksdag
op dag, datum ens
+++
Op hierdie dag sal ons
verbind word aan mekaar
ons wat saam met mekaar kan lag,
lewe,droom en bowenal
mekaar lief het
+++
Ons het dag, datum, gekies as die begin van ons lewenspad saam.
Kom deel in ons vreugde wanneer hierdie spesiale oomblik verewig word
in die plek, tyd, datum
+++
Ouers se name
nooi u uit na die huweliksbevestiging
van hul dogter
Bruid met Bruidegom
seun van …
+++
Kom deel in die vreugde van
die huweliksbevestiging van
bruid
dogter van …, met
bruidegom seun van
Datum, tyd plek
Antwoord asseblief voor …
+++
Ons nooi julle na ons troue op
Dag, datum, tyd
in die …
en daarna vir die onthaal by...
Bruid en Bruidegom
Antwoord asseblief dadelik:
+++
Hiermee ‘n vriendelike uitnodiging na die huwelik van
Bruid en Bruidegom
op datum, tyd, plek
+++
U word vriendelik uitgenooi
na die huweliksbevestiging van
Bruid, dogter van …
Bruidegom, seun van …
op dag, datum, tyd
Huwelikseremonie en onthaal te …
Bevestig asseblief telefonies voor datum:
+++
Julle vriendskap en liefde is so deel van ons lewens dus nooi ons,
Bruid & Bruidegom
saam met ons ouers, julle om te deel in die begin van ons lewe saam.
+++
Liewe familie en vriende
U word hartlik uitgenooi om te deel in ons huweliksbevestiging
Bruid & Bruidegom
Die Seremonie en Onthaal vind plaas
op dag, datum, tyd, ens
Bevestig asb telefonies voor …
+++
Dit is die oomblik om ons bindende liefde te vier.
Saam met ons ouers nooi ons…
+++
In vreugdevolle afwagting van ons huwelik op…
Nooi ons … met ons die viering van ons liefde te deel.
+++
… nooi julle om ‘n dag van geluk te deel
wanneer ons ons huweliksbeloftes maak
en God vra vir sy seën as ons ‘n nuwe lewe saam begin.
+++
Kom juig, sing en dans
Lag vol liefde
As ons ons lewens saamsnoer.
+++
Ons nooi jou om te deel
In die viering van ons besondere liefde
Tussen…
+++
Dit is met vreugde dat ons …
julle nooi om in die viering van ons liefde te deel.
+++
Met harte vol vreugde, vra ons julle om teenwoordig te wees
By die seremonie wat … en … saambind.
+++
Vir alles is daar ‘n seisoen,
‘n tyd en ‘n doel,
Omdat julle (ons) lewens gedeel het,
Met jul vriendskap en liefde
Nooi ons julle graag om te deel
In ‘n vreugdevolle feesviering.
+++
Liefde vul ‘n leeftyd
En ‘n leeftyd begin hierdie uur
Wanneer die twee van ons …
‘n nuwe lewe saam begin.
Ons nooi julle om te deel in hierdie dag van geluk.
+++
Kom vier saam met
ons fees wanneer
Bruid en Bruidegom
in die huwelik geseën
word op …
+++
Vier asseblief saam met ons
Die varsheid van nuwe lewe en liefde
+++
Elke uur, elke dag, elke jaar
Groei ons as twee, maar tog as een
Ons groei apart, maar wel ook saam
In die vorming van ‘n ewige liefde
Nooi julle met vreugde na die huweliksviering van …
+++
Kom saam vir ‘n dag weg van die gewoel en deel in ons geluk
As ons ons huwelik vier met familie en vriende
… nooi jou om hierin te deel as hul families saamgesnoor word
deur die huwelik van hul kinders
+++
Jul teenwoordigheid
sal die sirkel van familie, vriende en geloof (of hoop) voltooi
+++
vandag trou ek
met my beste maat,
die een saam met wie ek lag,
saam met wie ek droom,
vir wie ek lewe...
Bevestig asseblief voor
… of u hierdie spesiale dag
met ons kan deel.
+++
’n Viering van die liefde
...omring van almal wat ons die liefste het in die wêreld.
+++
‘n uitnodiging na ‘n troue langs die see
ek sal jou ‘n laan langs die see plavei
waar die meeue jou verstand oor die einders lei en
ons asems saam in die skemer versny as jy kan,
as jy sal, as jy saam wil met my.
+++
Ek het jou liewer as wind of die water,
Liewer as suiwer sonlig en see;
Ek het jou lief
Met die wonderkrag wat die hart van ‘n mens aan mens kan gee.
WEG Louw
+++
Vandag trou ek met my beste maat,
Die een saam met wie ek lag, saam met wie ek droom,
Vir wie ek lewe.
Groete, Aleit